| username: password: |
Functional description
Die program |
Die boek (Southern) waarop GrEAT gebaseer is |
GrEAT word binne Microsoft Word gebruik om daardie ontwykende woord waaraan u probeer dink op te soek terwyl u skryf. U tik dikwels 'n woord, maar weet dis nie nommerpas nie. Belig dit en raadpleeg GrEAT. GrEAT gee dan eerstens die verskillende betekenisgroepe, bv. bly (woon) en bly (gelukkig) waarin die betrokke woord voorkom. Hierdie betekenisgroepe help die gebruiker om die soektog te verfyn. Kies die betekenisgroep, en siedaar, GrEAT gee al die sinonieme en ander verwante woorde wat met die soekwoord verband hou. U klik op die keuse en vervang dan die beligte woord.
Die tesourus bevat nagenoeg 150 000 inskrywings in 855 konsepkategorieë (betekenisgroepe).
Let wel: GrEAT word nie gelaai met Tools Thesaurus of Shift F7 nie. U laai GrEAT apart. U aktiveer GrEAT vanaf die taakbalk (task bar) nadat u die woord in die dokument belig het en klik op Soek woorde. Sien illustrasie onder. GrEAT kan ook apart van Microsoft Word gebruik word (u moet dan self knip en plak, of die soekwoord intik).
Weergawes (versions) van GrEAT:
GrEAT 97 werk met Microsoft Word 97
GrEAT 2005 werk met Microsoft Word 97 en latere weergawes soos Word 2000, 2003 en 2007. Die twee programme is andersins presies dieselfde
Die res van hierdie WEB-bladsy wys hoe GrEAT werk.
GrEAT se skerm:

Soek woorde: Indien 'n woord in WinWord97 belig is, word
dit oorgedra en soek GrEAT al die betekenisgroepe vir hierdie
woord. U kan ook 'n woord links intik.
Vervang: Dit vervang die beligte woord in WinWord of plaas
'n woord in die dokument by die "Insertion Point".
Betekenisgroepe: Hier verskyn 'n lys van alle
betekenisgroepe van 'n betrokke woord. 'n Voorbeeld hiervan is
"lewer" - "vleissoort" of "maak"
Woorde: Hier verskyn alle woorde binne 'n bepaalde
betekenisgroep - u kies hier die woord wat u wil gebruik.
Geskiedenis: Dit wys 'n lys van woorde waardeur u reeds
genavigeer het.
Werking saam met Microsoft Word
’n Woord soos "bly" het
’n aantal betekenisse wat baie verskil. Indien u
"bly" in Microsoft Word belig, daarna op de GrEAT ikoon op die Windows taakbalk onder klik en daarna op Soek woorde, kry u ’n aantal groepe waarvan u
elkeen se groep woorde kan vertoon soos die volgende voorbeeld illustreer.
U kies dan die betekenisgroep en daarna die regte woord in die woordelys. U klik op Vervang om die "bly" in die dokument byvoorbeeld
met "resideer" te vervang
Die geskiedenis van u soektog word opgebou en u kan daar ook kies (klik) om terug te stap (backtrack).


